Bobby & Karlien Van Jaarsveld
(12 Dec 2011)

Bobby and Karlien van Jaarsveld

Bobby and Karlien Van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld is gebore op 6 Maart 1987.  Hy is die middelste van drie kinders.  Sy jonger sussie Cara is 11 jaar jonger as hy en sy ouer suster, Karlien is net 15 maande ouer as Bobby en self ook ‘n musikant.  Sy ma, Ronel, bestuur sy loopbaan en woon in Groenkloof Pretoria en sy pa, Bob, is ‘n besigheidsman in Witbank.  Bobby woon in Centurion en is in Januarie 2011 getroud met Annatjie Rheerders.  Hulle het op 24 Oktober die trotse ouers geword van ‘n babaseun, Sion.

Bobby het sy professionele sangloopbaan begin aan die einde van sy Graad 11 jaar in 2004 toe sy eerste album uitgereik is deur Blêr Musiek olv Blackie Swart.  Daarna het Theuns Jordaan en Arnold Coleske op die toneel verskyn en Bobby se debuut album bereik goue status!

 

Onder leiding van Coleske Artists reik Bobby in Oktober 2009 sy tweede album uit, NET VIR JOU.  Hierdie album behaal behaal platinum status in net 8 weke en het reeds die dubbel platinum status verby gegaan met verkope van oor die 80 000 eenhede.

Sedert die uitreking van NET VIR JOU het Bobby van Jaarsveld uitgestyg as een van die Top 5 kunstenaars is Suid-Afrika.  Tussen April 2010 en Februarie 2011 ryg Bobby 10 toekennings in.  10 Toekennings in 10 maande!!!  Geen Suid-Afrikaanse kunstenaar het al so ‘n prestasie behaal nie.  Bobby is die eerste en hiermee het hy bewys dat gereken kan word as ‘n volronde kunstenaar wat geensins hoef terug te staan vir enige ander kunstenaar nie.

In November 2010 word Liefling, Die Movie uitgereik en Bobby speel een van die twee hoofrolle in hierdie fliek.  Liefling, Die Movie het rekords laat spat by die loket met ‘n inkomste van net oor die R16 miljoen!  460 000 mense het na die teaters gestroom om Bobby in aksie te sien as akteur……..

Bobby van Jaarsveld het bewys dat hy nie net nog ‘n sanger is nie, maar het uitgeblink as liedjieskrywer deur al die liedjies op NET VIR JOU self te skryf en te komponeer.

Sanger, liedjieskrywer, akteur, aanbieder……….  Bobby van Jaarsveld is hier om te bly.

Bobby & Karlien Facebook Album

Karlien van Jaarsveld. 

Oudste  van 3 kinders.  Gebore 21 Desember 1985 in die Paarl.  Haar jonger broer is die reeds bekende Bobby van Jaarsveld en sy het nog ‘n sussie, 10 jaar jonger as sy, Cara.  Karlien het in Brits H-Skool haar matriek geskryf en woon al vir die afgelope paar jaar in Pretoria.  Haar pa, Bob van 

Jaarsveld, is ‘n sakeman in Witbank en haar ma, Ronel Brink, woon in Pretoria.  Ronel bestuur ook die loopbane van beide Bobby en Karlien van Jaarsveld.

Sy het haar musiekloopbaan begin as kitaarspeler en agtergrondsanger vir Bobby van Jaarsveld.  Later het sy haar eie rockband gestig, Revolusie, en was vir ‘n jaar of wat meer bekend in die rockkringe van Suid-Afrika.  Sy het egter later besluit om eerder ‘n solo loopbaan te volg   In Maart 2011 word haar solo album uitgereik.  Hierdie cd, JAKKALS TROU MET WOLF SE VROU bereik Platinum Status binne 8 maande na uitreiking!

Karlien wen in Julie 2011 die Huisgenoot Tempo Musiektoekenning vir Beste Nuweling!

Karlien is tans ook te siene in die nuwe Afrikaanse fliek, Platteland.  Sy speel die parmantige dogter van die immergewilde Steve Hofmeyr.


Follow eXpresso on Facebook

VOTING POLL

What would you like to see more on our website?
Food
Tech trends
Music
Fashion
How To DIY
  

Home
› Our presenters
› About Expresso
› Partners
› Fan Mail
› Gallery
› Competitions
› Social Media
› Expresso Contributors
Studio
› Suppliers
Sport
› Sports Personalities and Events
› Youth Sport
› Weekend Sports Review
Lifestyle
› Home & Decor
› Fashion
› Beauty
› Charity
› Business
› Pets
› Mandela
› DIY
› Fashion Fix
Entertainment
› Comedy
› Music
› Movies
› Celebrities
› On This Day
› Theatre
› Trending
› Local Entertainment
› My Hood
Technology
› Technology
› Whats new
› Gaming
› Cars
› Youtube
Food
› Recipes
› Tips from Chef
› Culinary Tips
› Recipe Videos
Health
› Health Tips
› Fitness Tips
› Pet Health
Travel
› Travel Experts
› Iconic Buildings
› Travel Tips
› Travel Packages
› Traffic Updates
› It's Here
Kids
› DIY
› Recipes
› Advice for Parents
› Education
› Entertainment
› Young Achievers
Contact Us
› Weather
› Contact Us
› Careers
Privacy Policy | Terms of Use
© Copyright 2010 Expresso | Site created by  Fusia Web Services