Corlea Botha
(23 Jul)

corlea botha

Corlea Botha

Corlea’s long awaited solo album is here!

Yes, a brand new and exciting chapter has started in Corlea’s life. This multi-talented singer with the raven black hair and golden voice recently recorded a new quality album Wie Ek Is with catchy,  new original songs as well as a few Afrikaans  golden oldies.

Corlea also recently budded into a talented song writer –  and a few of her new songs were recorded on Wie Ek Is.

She renewed her music partnership recently with the experienced music producer Byron Kuntz. Byron, who plays most of the instruments on Wie Ek Is, produced her new album and  Corlea  co-wrote five songs with Byron.  She translated the lyrics of one song for the album and the album also boasts two songs she wrote single handedly. About 70% of the material on the album is brand new and she sings English as well as Afrikaans – and surprises with a Turkish song. 

Corlea and Byron tried to produce a new sound with this album – but a sound which her fans could still associate with.

Wie Ek Is also boasts with various music styles and is like a quilt – from classic ballads, mixed with modern pop and drenched with organic, earthy elements.

The song, Gee Jouself Vir My,  has a modern pop sound which evolves into an instrumental part.

The titel song Wie Ek Is, is one of Corlea’s creations and very moving. Rock Me Right and Just In Case are two songs Byron and she actually wrote four years ago – both songs has a modern touch and will appeal to a wide audience.

Corlea gives her own, unique rendition of three evergreen Afrikaans songs - Valiant Swart’s Sonvanger, Anneli van Rooyen’s Soos Ou Vriende and Amanda Luyt’s As Jy Aan Eendag Glo.   The three songs were specially arranged for this new album. 

Another bonus on her album is the Turkish song Ask, written by Sertab Erener. Ask is a dark love song with an operatic undertone. She proofs with this song that she is totally in a class of her own – her wide musical range gives you goose bumps!

Solo singing is nothing new for Corlea. She actually recorded her first solo-album when she was twelve years old. A Gospel solo-album followed when she was fifteen years and at the age of 17 she recorded an album with Hugh Masekela.

Corlea is also changing her style for her upcoming performances and she will move away from the baroque style. Her designer, Dazelle Venter of Bedazzled, designs creations for Corlea which can be described as ‘antique chic.’ She will  bedazzle audiences in corsettes, high heels, long gloves and pillbox hats.

She recently vowed audiences with her unique voice at Skouspel in Sun City and she also plans a one woman show which she and Byron will co-write.  The one woman show will be in the style of a cabaret with a strong story line and her repertoire will include well-known songs.  Corlea  plans to stage this one woman show next year countrywide.

 

A promising future as a solo singer beckons for Corlea.  And one thing is  certain,  Corlea will not disappoint her followers with her new solo-album.   Wie Ek Is is a special and unique album and portrays exactly who and what Corlea is – one of the most talented and versatile female singers in our country!

 

Nadat die sangeres Corlea se paadjie met die van haar Die Lieflinge-sangmaat Rudi Claase agt maande gelede geskei het, het daar as’t ware ‘n nuwe, opwindende hoofstuk in haar lewe begin.  Die talentvolle sangeres met die raafswart lang hare en goue stem, het intussen 24 kilogram afgeskud en pas ‘n splinternuwe album, Wie Ek Is, met besonderse nuwe - sowel as ‘n paar ou treffers - opgeneem.

Sedert die opbreek van die duo Die Lieflinge het sy ongelooflik baie ondersteuning van ander kunstenaars, vriende, familie en haar ondersteuners ontvang, vertel sy.  “Ek het die afgelope klompie maande baie van myself geleer - ek het geleer wie ek is en wat my ideale en drome is. Ek het introspeksie gehou oor wat ek met my lewe en loopbaan bereik - en ook besef dat ek altyd getrou aan myself moet bly.”

Sy het ook vroeër vanjaar die pen opgetel en self begin liedjies skryf - en van haar eie liedjies pronk nou op haar nuwe album. Corlea en Byron het onlangs hul musiekvennootskap van vier jaar gelede hernieu. “Ek en Byron het vier jaar gelede saam liedjies geskryf maar ons vennootskap bietjie op die agtergrond geskuif toe Die Lieflinge gestig is.”  Byron, wat die meeste van die instrumente op die album speel, het haar nuwe album vervaardig en sy het vyf liedjies saam met hom geskryf.

Corlea spog ook met twee van haar eie komposisies en sy het ook ‘n liedjie vertaal.  “Daar is sowat 70% nuwe materiaal op die album en ek sing Engels sowel as Afrikaanse liedjies.” Corlea en Byron het probeer om so bietjie van die Lieflinge-klank nog steeds te behou, maar terselfdetyd ‘n nuwe  klank met die album  daar te stel waarby Corlea se aanhangers nog steeds aanklank sal kan vind.

“Eintlik is die album soos ‘n lappieskombers - daar is klassieke ballades, gemeng met byderwetse pop, deurweek met organiese, aardse elemente.”  Die een liedjie uit haar pen, Gee Jouself Vir My het byvoorbeeld ‘n byderwetse popklank wat skielik oorgaan na ‘n opera-agtige instrumente gedeelte, verduidelik sy.  “Dit het eintlik as ‘n rock-liedjie in my kop begin en ek het dit eendag in die ateljee geneurie toe het Byron my gevra watter liedjie dit is. Ons het toe besluit om dit op te neem, maar om dit meer ‘n pop-gevoel te gee.”

Die titelsnit, Wie Ek Is, het sy geskryf tydens een van haar en Rudi se laaste ontmoetings.

“Ek het die liedjie geskryf toe ek besef dat dinge verby is en dat ek nie sal kan aangaan met Lieflinge nie.”

Rock Me Right en Just In Case is twee van die liedjies wat sy en Byron vier jaar gelede saam geskryf het en nou uiteindelik opgeneem is.

Daarbenewens het Corlea nog drie ou treffers van plaaslike kunstenaars afgestof naamlik Valiant Swart se Sonvanger, Annelie van Rooyen se Soos Ou Vriende en Amanda Luyt se As Jy Aan Eendag Glo. Al drie liedjies is nuut verwerk vir die nuwe album.

Nog ‘n bonus op haar album is die Turkse lied Ask, gesing deur Sertab Erener. “Dit is ‘n donker liefdeslied wat ook ‘n opera-gevoel het,” verduidelik sy.

Hoewel baie musiekliefhebbers Corlea net met ‘n duo assosieer, is solo-sing nie vir haar ‘n nuutjie nie. Sy het in der waarheid haar heel eerste solo-album opgeneem toe sy maar ‘n skrale 12 jaar oud was. ‘n Gospel solo-album het op vyftienjarige ouderdom gevolg, vertel sy en op 17 het sy ‘n Afro-Jazz album saam met Hugh Masekela opgeneem.  Wanneer dit by haar eie musieksmaak kom, luister sy so wyd as moontlik, vertel Corlea. “Ek luister nie net na ‘n verskeidenheid liedjies met die doel om my eie liedjies te skryf nie, maar omdat ek wil weet wat in die musiekbedryf aangaan en om ander se musiektalent te waardeer.”

Die sangeres Imogen Heap, wat met ‘n Grammy-prys bekroon is, fassineer haar byvoorbeeld omdat sy soveel verskillende klanke (wat sy byvoorbeeld in  haar huis opneem) in haar innoverende musiek inkorporeer.

Sy is mal daaroor om ‘n kykie ‘agter die skerms’ van ander kunstenaars te kry en kyk dikwels na dokumentêre programme van sangers soos Maria Callas tot Def Leppard. Sy verslind ook biografieë van sangers soos Hugh Masekela, Miriam Makeba, Barbra Streisand, Julie Andrews en Maria Callas.  Wat haar eie klerestyl betref, gaan sy met haar vertonings so bietjie wegbeweeg van die wye balrokke. “My ontwerper Dazelle Venter van Bedazzled ontwerp vir my uitrustings wat meer in die veertiger- en vyftigerjare se styl is. Ek dra byvoorbeeld korsette, hoëhakskoene, pildoos-hoede en lang handskoene.

 Sy gaan in Oktober weer aan Skouspel deelneem en sy beplan ook ‘n eenvrou-vertoning wat sy en Byron vir skryf.

“Die eenvrou-vertoning is soos ‘n kabaret met ‘n storielyn en ek gaan bekende liedjies sing. Ek wil vroeg aanstaande jaar die hele land met

die vertoning plat toer.”

Corlea het opleiding in ligte klassieke musiek ontvang wat haar baie met mondvorming, asembeheer en stamina help, vertel sy.

Sy het al kind ‘n groot liefde vir die verhoog ontwikkel toe sy op sewejarige ouderdom in Puccini se opera La Bohéme gesing het. Sy het ook in 1995 in die plaaslike musiekblyspel The Sound of Music gesing waar sy die verhoog met groot name soos Mimi Coertze en Judy Page gedeel het.

As solokunstenaar wink daar ‘n blink toekoms vir Corlea en een ding is vir seker - sy gaan haar aanhangers beslis nie met haar nuwe album Wie Ek Is teleurstel nie.  

Contact details:

Facebook: Corlea


Follow eXpresso on Facebook

VOTING POLL

Which do you prefer
Facebook
Twitter
Pinterest
  

Home
› Our presenters
› About Expresso
› Partners
› Fan Mail
› Studio Photos
› Competitions
Studio
› Suppliers
Sport
› Sports Personalities and Events
› Sport Highlights
› Youth Sport
Lifestyle
› Home & Decor
› Fashion
› Beauty
› Going green
› Inspiration
› Charity
› Dating
› Business
› Crafts
› Pets
› Presenter Style
Entertainment
› Music
› Movies
› Gossip
› Interesting People
› Celebrities
› Out and About
› Book Club
› Expresso Upcoming Events
› Top 10
› Theatre
Technology
› Technology
› Whats new
› Gaming
› Cars
› Youtube
Food
› Breakfast Recipes
› Recipes
› Tips from Chef
› Restaurants
› Pick 'n Pay Lunchbox Ideas
› Michael Olivier - Life's Pleasures
› Ultimate Braai Master Recipes
Health
› Health Tips
› Fitness Tips
› Pet Health
› Zumba
› Yoga
Travel
› Travel Experts
› Iconic Buildings
› Travel Tips
› Travel Packages
› It's Here
Kids
› DIY
› Recipes
› Advice for Parents
› Education
› Entertainment
› Young Achievers
Contact Us
› Weather
› Contact Us
Privacy Policy | Terms of Use
© Copyright 2010 Expresso | Site created by  Fusia Web Services