Eight by Spier
(18 Sep)

8 by Spier

Eight by Spier

1. Jy het onlangs by Spier gaan kuier en by hulle restaurant Eight gaan eet.

In my studente dae het ons gereeld op `n Vrydag by Spier op die gras gelê en `n glasie vonkel geniet, maar daar het so baie gebeur vanaf daardie tyd tot nou.  Die hedendaagse Spier het my sommer weer geinspireer vir die lewe. Daar is natuurlik  die wyne van spier  wat lyk of die hierdie jaar nou net elke prys wil wen. Dit is een van ons oudste wynplase so daar is baie geskiedenis en bewaarde ou geboue. Daar is staproetes en piekniek plekke regs langs die Eerste Rivier, maar dit is hulle biodinamiese boerdery wat my so opgewonde het.

2.  Vertel ons meer van wat hulle doen!

Wel , kom ons begin by Farmer Angus. Hy is die man agter die skerms van die massiewe groentetuin wat nie net vir die vars produkte van Spier se restaurante verantwoordelik is nie, maar ook aan `n klomp ander 5 ster restaurante lewer, juis vanwee sy klem om alles 100% organies en biodinamies te hou.  Hy is ook die man agter hulle free range beeste, skape en hoenders. SO dan word amper alles wat jy by Eight op die tafel kry reguit van hulle plaas as. Regtig Plaas tot Tafel kos.  

3. Net so voor ons oor die restaurant self praat, vertel ons meer van die nuwe proe-lokaal.

Ag, so `n heerlike groot vertrek.Daar is die mooiste kuns gemaak uit herwinde produkte, soos die massiew chandelier gemaak van ou bottels en ligskerms van melkbottels. Kyk, Spier is nou betrokke by Suid-Afrikaanse kuns en die Spier Kontmeporere Biennale is die grootste in Suid-Afrika. Dan, wat heerlik was is dat jy saam met hulle heerlike wyn reeks-21 Gables en Creative Block, kan jy heerlike happies bestel wat gepaar is met daardie wyne. [overlay: Spier décor and artwork]

 

4. Wat staan agter die naam EIGHT vir die restaurant?

Wel, daar is die sinspeling op die woord eight (geëet), maar as jy ook kyk na die syfer 8, dan is dit in die vorm van die simbool vir die `infinity curve`. In Spier se geval beteken dit dan `self-sufficient` en ook `sonder grense`.  Hulle kry dit reg om `n massiewe 90% van alle afvalprodukte  te herwin en om die oorgrote meerdered van alle kos wat in Eight gebruik word vanaf die plaas self te kry. 

5. En wat is op die menu by Eight?

Die Sjef, Lorianne , verander die spyskaart na gelang van wat in seisoen is en wat gelewer word deur Farmer Angus. Ons het gehad heerlike viskoekies bedien met `n appel tzatziki, wat vir my `n wonderlike `twist` was. Ook Hoenderpastei en Lentil Kerrie. Dus relatief eenvoudige maar heilsame Kaapse Kos en jy kan proe dat dit `n plaashoender is, jy kan proe die groente is daardie oggend net anderkant die rivier uit die grond uit getrek. Alles is net so vars en lieflik. Dan was die Gebakte Rosyn Poeding bedien met `n spesery room my hoogtepunt van die dag. 

6. So wat sal jy beskryf as die X-factor van Eight.

Definitief die Plaas tot Tafel konsep. Jy kan eenvoudig nie varser kos op jou bord kry as daar nie.

7. Hoeveel Expresso koppies gee ons vir Eight.

Jong, nie net sommer vir Eight nie, maar vir die hele Spier Landgoed gee ek `n massiewe 4 ½ koppies.


Follow eXpresso on Facebook

VOTING POLL

Which do you prefer
Facebook
Twitter
Pinterest
  

Home
› Our presenters
› About Expresso
› Partners
› Fan Mail
› Studio Photos
› Competitions
Studio
› Suppliers
Sport
› Sports Personalities and Events
› Sport Highlights
› Youth Sport
Lifestyle
› Home & Decor
› Fashion
› Beauty
› Going green
› Inspiration
› Charity
› Dating
› Business
› Crafts
› Pets
› Presenter Style
Entertainment
› Music
› Movies
› Gossip
› Interesting People
› Celebrities
› Out and About
› Book Club
› Expresso Upcoming Events
› Top 10
› Theatre
Technology
› Technology
› Whats new
› Gaming
› Cars
› Youtube
Food
› Breakfast Recipes
› Recipes
› Tips from Chef
› Restaurants
› Pick 'n Pay Lunchbox Ideas
› Michael Olivier - Life's Pleasures
› Ultimate Braai Master Recipes
Health
› Health Tips
› Fitness Tips
› Pet Health
› Zumba
› Yoga
Travel
› Travel Experts
› Iconic Buildings
› Travel Tips
› Travel Packages
› It's Here
Kids
› DIY
› Recipes
› Advice for Parents
› Education
› Entertainment
› Young Achievers
Contact Us
› Weather
› Contact Us
Privacy Policy | Terms of Use
© Copyright 2010 Expresso | Site created by  Fusia Web Services