Heuning
(13 Jul)

Heuning

Heuning

As jy aan Cowboy-hoede en koeie dink wanneer jy die woord Countrymusiek hoor, het ons nuus vir jou! Heuning is die heel eerste Kontemporêre Afrikaanse Countryduo in die wêreld. Jeanette van Staden en Henk Dercksen is gekies uit ʼn oudisiegroep van meer as 300 sangers wat hul demo's vir David Gresham Platemaatskappy gestuur het. Die afgelope jaar is daar hard gewerk om die regte liedjies op te neem wat uit verskeie skrywers se penne gekom het. Jeanette het selfs van die liedjies op die album in Afrikaans vertaal. Een van Heuning se Engelse liedjies “Got You On My Mind” was die jaar uit gebring op ‘n kompilasie album, saam met internasionale country sterre, soos: Scotty McCreery, Lauren Alaina, The Band Perry en ander.

Jeanette Van Staden is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie. Sy het reeds op die ouderdom van 12 saam met Oom Boet Pretorius by Decibel Records opgeneem. Sy het 'n totaal van 6 albums uitgebring, insluitend 2 kinderalbums en 'n country-album. Jeanette staan ook bekend as die Jodel-koninging van Suid-Afrika. Met te veel optredes regoor Suid Afrika om te noem, is Jeanette beslis reg om in 2012 haar stempel op die Afrikaanse musiekmark te druk.

Henk Dercksen is pas klaar met skool en net 19 jaar oud. Hy het onlangs uit Naboomspruit getrek om voltyds aan die Heuning-projek te werk. Sy liefde vir musiek kom al 'n lang pad, maar sy sangloopbaan moes eers op die kantlyn staan terwyl Henk op Hoërskool sy volle aandag aan Rugby bestee het. Eers later het hy aan 'n sangkompetisie deel geneem en toe sy liefde vir die verhoog ontdek het.

Heuning se debuut album gaan later die jaar vrygestel word, met die eerste single “Bietjie Langer Bly” wat in April op radio begin roteer

Kontakbesonderhede:

Facebook: Heuning


Follow eXpresso on Facebook

VOTING POLL

Which do you prefer
Facebook
Twitter
Pinterest
  

Home
› Our presenters
› About Expresso
› Partners
› Fan Mail
› Studio Photos
› Competitions
Studio
› Suppliers
Sport
› Sports Personalities and Events
› Sport Highlights
› Youth Sport
Lifestyle
› Home & Decor
› Fashion
› Beauty
› Going green
› Inspiration
› Charity
› Dating
› Business
› Crafts
› Pets
› Presenter Style
Entertainment
› Music
› Movies
› Gossip
› Interesting People
› Celebrities
› Out and About
› Book Club
› Expresso Upcoming Events
› Top 10
› Theatre
Technology
› Technology
› Whats new
› Gaming
› Cars
› Youtube
Food
› Breakfast Recipes
› Recipes
› Tips from Chef
› Restaurants
› Pick 'n Pay Lunchbox Ideas
› Michael Olivier - Life's Pleasures
› Ultimate Braai Master Recipes
Health
› Health Tips
› Fitness Tips
› Pet Health
› Zumba
› Yoga
Travel
› Travel Experts
› Iconic Buildings
› Travel Tips
› Travel Packages
› It's Here
Kids
› DIY
› Recipes
› Advice for Parents
› Education
› Entertainment
› Young Achievers
Contact Us
› Weather
› Contact Us
Privacy Policy | Terms of Use
© Copyright 2010 Expresso | Site created by  Fusia Web Services