Music - Andries Hendrik Potgieter
(16 May 2011)

Andries Hendrik Potgieter

Andries Hendrik Potgieter on Expresso

Former drug-addict, turned inspirational speaker, Andries Henrik Potgieter joins us to chat about his stuggles with substance abuse and how he turned his life around. He is an Afrikaans Christian singer who speaks with children and parents about the dangers of drug abuse and how one can overcome life’s most challenging obstacles.

Meer Informasie:

 ‘n Kind se toekoms, geluk en keuses lê ouers baie na aan die hart. Die realiteit is egter dat geen ouers sy kind altyd teen die gevare van die lewe kan beskerm nie. Suid-Afrika is een van die lande in die wêreld wat met die hoogste dwelmmisbruik ter wêreld spog en die Verenigde Nasies het dit onlangs as een van die dwelm mekkas van die wêreld bestempel – nagenoeg 15% van ons bevolking het ‘n dwelmprobleem.

‘n Groot gedeelte van hierdie mense is jong kinders onder die ouderdom van 16 jaar en dwelmhandel het allerdaags in skole geword.

Hoe hanteer ouers van kinders wat aan dwelms verslaaf is hierdie omwenteling in hulle familie? Hoe kan jy jou kind help? Is daar ‘n antwoord en op­lossing?

Andries-Hendrik Potgieter (30) was vir amper ‘n dekade aan sewe dwelmmiddels verslaaf, onder andere GBL, Cocaine, Cat, Crystal Meth en Ketamien. Hy het self ook dwelmmiddels vervaardig. Andries-Hendrik was ‘n danser by klubs, en het ook spiritualisme beoefen. Hy was as 7-jarige gemollesteer. Andries-Hendrik het in ‘n liefdevolle en Christelike ouerhuis grootgeword maar sy stille soeke na aanvaarding het hom na ‘n verkeerde lewensstyl gedryf.

In 2008 het die Here daadwerklik in Andries-Hendrik se lewe ingegryp en hom van dwelmmiddels verlos. Hy het ‘n tydperk in rehab deurgebring waarna hy twee jaar van sy lewe aan sendingewerk binne en buite Suid-Afrika se grense gewy het.

Tydens die eerste gedeelte van sy bekering was sy daaglikse stryd nie teen dwelms nie, maar om van die gewoontes en kultuur van sy vorige lewe ontslae te raak en ‘n hemelse kultuur aan te leer. Leuens, bedrog, manipulasie, deurmekaar gevoelens en emosies was nou sy vyande.

Maar die Here doen nie ‘n onvolmaakde werk nie en is tans nog steeds besig om te skuur en skaaf aan sy kind. Nadat Andries-Hendrik sy hart en lewe vir die Here gegee het, het daar ‘n totale omkeer in sy lewe plaasgevind; hy is weer met sy familie verenig wat hy selde die afgelope 10jaar gesien het; hy is ‘n jeugambassadeur wat saamwerk met groepe soos die Demokratiese

Alliansie, Vryheids Front Plus, Solidariteit, Afriforum, National Youth

Development Agency en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke; hy is die woordvoerder van Stand as One – ‘n projek wat op jeugontwikkeling gefokus is; sy nuwe album saam met sangers soos SAMA-wenner en die wêreldbekende is op die rakke.

Meer inligting

Andries Hendrik Potgieter is trots Afrikaans, trots op sy herkoms en hy het ‘n passie om dieselfde gevoel onder jongmense wakker te maak. Hy is ‘n nuweling in die vermaaklikheidsindustrie, maar sy ongelooflike sangtalent gaan hom binnekort ‘n bekende gesig onder Suid-Afrikaners maak.

Andries Hendrik is egter nie net jou gewone jongman wat jy agter elke hoek en draai uitskop nie. Eerstens, hy spog met ‘n interessante stamboom. Hy is ‘n direkte afstammeling van die Voortrekkerleier, Andries Hendrik Potgieter, wat ‘n belangrike bydra tot die land se geskiedenis gemaak het. Familietrots loop sterk in sy famlie, maar soos baie jong Suid-Afrikaners het Andries Hendrik tot onlangs geen belangstelling in sy familiegeskiedenis getoon nie. Hy is egter nou gereed om sy grootjie se skoene vol te staan.

Sy Voortrekker-grootjie het dorpe soos Potchefstroom en Ohrigstad ontdek en was ook een van die wat die Boere Republiek, Noord van die Oranjerivier, gestig het. Nes sy grootjie wil Andries-Hendrik nuwe grondgebied inneem. Nie deur nuwe dorpe en stede op te rig nie, maar om jongmense opgewonde oor hulle verlede en toekoms te maak.

Andries-Hendrik is aan die voortou van die Staan as Een projek wat op jeugontwikkeling en morele waardes gemik is. Saam met SAMA-wenner, Nedine Blom en die Grammy-bekroonde Soweto Gospel Choir het Andries Hendrik ‘n album opgeneem wat teen 24 Maart op die rakke sal wees. Andries-Hendrik werk nou saam met jeuggroepe soos die DA en FF Plus Jeug, sowel as Afriforum Jeug om jongmense nuwe hoop vir die toekoms te gee.

Hy is ook aangewys as die gesig van vakverbond, Solidariteit, se ‘Basta’ projek wat 14 Maart die lig gesien het. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het onlangs ʼn boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika, uit sy pen laat verskyn. Dit vertel die Afrikaner se verhaal aan die hand van die lewe van gewone mense. Jongmense en alle Afrikaners word uitgedaag om hulle Afrika- en Afrikaneridentiteit in die moderne era te herontdek. Hermann skryf dat hy hoop dat Basta! Afrikaners sal motiveer om hulle voetspore in Afrika te soek.

Die Basta-projek bied aan hoërskool leerlinge die geleentheid om aan ‘n nasionale liriekskryfkompetisie deel te neem. Dit noodsaak hulle om ook ondersoek rakende hulle herkoms in te stel. Andries-Hendrik sing die temalied, BAStA, wat deur Huisgenoot tempo se Leserskeuse Liedjieskrywer, Waldo Greeff, geskryf is. Andries-Hendrik sal deurentyds ook by skole en ander geleenthede optree om die projek te bemark. Die 12 wenliedjies sal in Junie aangewys word, waarna Andries-Hendrik dit op ‘n Basta-cd sal opneem. Die cd sal 9 November landswyd beskikbaar wees.

Jongmense en kinders is werklik Andries-Hendrik se passie. Die Oprah Winfrey Academy For Girls het hom gevra om 10 leerders per jaar, wat uit agtergeblewe huise afkomstig is, aan te wys om by die skool aan te sluit. Andries-Hendrik is ook verbonde aan ‘n kleuterskool in Krugersdorp, Jolige Jakkers, waar hy tyd saam met minderbevoorregde kinders spandeer. As ‘n sanger raak Andries-Hendrik die lewens van mense aan. Sy liedere vertel sy lewensverhaal oor die afgelope 30 jaar. Hy was vir 10 jaar aan dwelms verslaaf maar het ongeveer drie jaar gelede tot bekering gekom. Vir twee jaar daarna het hy sendingwerk in dele van Afrika gedoen. Andries Hendrik se lewensverhaal sal binnekort in boekvorm vervat word. Die bekende skryfster, Maretha Maartens, skryf tans ‘n boek oor sy lewe wat die opvolg is van 2002 se beste verkoper, POPCORN. Andries-Hendrik se avontuurlustigheid en energie het hom al ‘n vol lewe besorg en hy is gereed om die volgende hoofstuk in sy lewe met albei hande aan te gryp. Die 30-jarige Pretorianer is een van vier kinders en wat beroepsgewys uit ‘n finansiële agtergrond kom. Andries-Hendrik swem en draf graag en hy is ‘n hip-hop danser van formaat. Hy is versot op die buitelewe en verkies die bosveld bo die stad.


Follow eXpresso on Facebook

VOTING POLL

What would you like to see more on our website?
Food
Tech trends
Music
Fashion
How To DIY
  

Home
› Our presenters
› About Expresso
› Partners
› Fan Mail
› Gallery
› Competitions
› Social Media
› Expresso Contributors
Studio
› Suppliers
Sport
› Sports Personalities and Events
› Youth Sport
› Weekend Sports Review
Lifestyle
› Home & Decor
› Fashion
› Beauty
› Charity
› Business
› Pets
› Mandela
› DIY
› Fashion Fix
Entertainment
› Comedy
› Music
› Movies
› Celebrities
› On This Day
› Theatre
› Trending
› Local Entertainment
› My Hood
Technology
› Technology
› Whats new
› Gaming
› Cars
› Youtube
Food
› Recipes
› Tips from Chef
› Culinary Tips
› Recipe Videos
Health
› Health Tips
› Fitness Tips
› Pet Health
Travel
› Travel Experts
› Iconic Buildings
› Travel Tips
› Travel Packages
› Traffic Updates
› It's Here
Kids
› DIY
› Recipes
› Advice for Parents
› Education
› Entertainment
› Young Achievers
Contact Us
› Weather
› Contact Us
› Careers
Privacy Policy | Terms of Use
© Copyright 2010 Expresso | Site created by  Fusia Web Services