Restaurant Review- Asoka
(25 Jul 2012)

asoka

 

Restaurant Review- Asoka

  1. Mari-Louis, jy was die keer by Asoka, en dit nogal op `n skoolaand. Wat het jou uit die huis uit gekry in die week en in hierdie koue winter wat ons getref het? Ek het `n klompie vriende gevra wat hulle beskou as Kaapstad se `bes-gehoude-geheim, en Asoka se naam het aanhoudend opgekom. So  dalk lankal nie meer so goeie geheim nie, maar ek was baie bly dat ek myself uitgesleep het. Lekker kos, fantastiese mengel drankies en `n baie funky jazz band.

 

  1. Klink na `n goeie kombinasie- `n Goeie kombinasie som Asoka sommer baie goed op- Die spyskaart is `n goeie kombinasie van tapas wat die hele tafel kan geniet en  uitstekende oosterse geregte, die cocktails is `n goeie kombinasie van klassieke drankies en verassende vernuwing, die dekor is `n goeie kombinasie van kleure en eklektieke beligting en dan is daar ook die goeie kombinasie van die mees kosmopolitiaanse, mooiste crowd mense wat ek lanklaas in een vertrek gesien.

 

  1. 3.       Wel, kom ons begin dan by die dekor. Dit is onmoontlik om nie te begin by die tamaai en baie ou olyf boom binne in die restaurant nie. Ek het geen idee gehad olyfbome kan so groot word nie. Dit word omring deur knus beleerde bankette, groot gekleurde panele hier teen die muur en daar weer  murals en muurpapier.`n  Pragtige vuurherd, sulke ampere koloniale lampe en `n kroeg met `n groot Buddha as focus. Idees wat dalk tot `n deurmekaar en bont mengelmoes kon lei, werk hier pragtig saam. Regtig `n baie mooi plek. 

 

  1. 4.       Vertel ons gou van die drankies net voor ons by die kos uitkom ? Jong, hulle is ernstig oor hulle drankies-iets in die 40 om an te kies. Ek vermoed my nuwe gunsteling drankie is die `Porn Star`- Vanilla vodka, met granadilla puree en vars granadillas en vanielje suiker en dan nog boonop bedien met `n `skeutjie` sjampanje op die kant`. Callie, my broer, was versot op die `Instant Karma` en het toe sommer ook `n Mojito en `n Caiparinha gehad net om seker te maak hulle kry die meer klassieke drankies reg. En hulle doen. Die wyn en sjampanje lys is ook uitstekend. 

 

  1. 5.       Goed, kom ons kom dan uiteindelik by die kos? Hoewel ek dink Asoka is meer `n `lounge` as `n uit-en-uit restaurant, was die kos heerlik en strek die menu oor `n paar kos-kulture. Vir diegene wat meer daar is vir drankies met vriende en wil he dat daar iets is om aan te peusel, is daar smaaklike tempura prawns, spring rolls, chilli poppers en die lekkerste potato wedges bedien met so `n knoffelrugge crème fraiche. Maar my absolute gunsteling was die Mini Lamsburgers. Nou kyk, ek is geensins die hamburger tipe nie, maar hierdie was perfek vir my. So oulike klein, maar hooggepakte outjie, met lamsvleis, `n parmesan beskuitjie, tomato confit, groen vye, brie kaas, uiringe en basil pesto. Yum, yum, yum! Callie het ook die teriyaki beef bestel wat van die sagste bief was wat ek al ooit geproe het.

 

  1. 6.       Dan vertel ons ook vining van die musiek en jy het iets geneom van baie mooi mense? Ons was daar op `n Dinsdg aand wat veral gewild is omdat die jazz groep-`The Restless Natives` dan daar speel. Baie melodieuse en baie funky urban jazz, en ja, daar is is iets spesiaal aan die mense wat Asoka uitlok. Almal van die staff, tot die band en die kliente was pragtig, of dalk was dit net een cocktail te veel. 

 

  1. 7.       Wat is Asoka se x-faktor? Die setting, die kos, die drankies, die musiek, die mense!! 

 

  1. Hoeveel ExpressoKoppies gee jy vir Asoka? 3 en `n ½ gaan vroeg om tee et, bestel nog `n drankie en bly vir die musiek., 



Video of the day

View More Videos


°C °C
Thursday 01. Jan 1970 | 00:00


°C °C
Thursday 01. Jan 1970 | 00:00


°C °C
Thursday 01. Jan 1970 | 00:00
Follow eXpresso on Facebook

VOTING POLL

Are you going to be at Black Friday?
No it gets too crowded
Yes, but only online
Only for things I really need
Yes I’m spending all day there
Didn’t budget for it correctly
  

Home
› Our presenters
› About Expresso
› Partners
› Fan Mail
› Gallery
› Competitions
› Social Media
› Expresso Contributors
Studio
› Suppliers
Sport
› Sports Personalities and Events
› Youth Sport
› Weekend Sports Review
Lifestyle
› Home & Decor
› Fashion
› Beauty
› Charity
› Business
› Pets
› Mandela
› DIY
› Fashion Fix
Entertainment
› Comedy
› Music
› Movies
› Celebrities
› On This Day
› Theatre
› Trending
› Local Entertainment
› My Hood
Technology
› Technology
› Whats new
› Gaming
› Cars
› Youtube
Food
› Recipes
› Tips from Chef
› Culinary Tips
› Recipe Videos
Health
› Health Tips
› Fitness Tips
› Pet Health
Travel
› Travel Experts
› Iconic Buildings
› Travel Tips
› Travel Packages
› Traffic Updates
› It's Here
Kids
› DIY
› Recipes
› Advice for Parents
› Education
› Entertainment
› Young Achievers
Contact Us
› Weather
› Contact Us
› Careers
Privacy Policy | Terms of Use
© Copyright 2010 Expresso | Site created by  Fusia Web Services